
=====================================================================
6 - Energie
=====================================================================


6
ENERGIE

Die huidige situasie

Die proses om elektrisiteit op te wek veroorsaak "kweekhuis"-gasse en suurren. Die verbranding van hout en steenkool in huise veroorsaak lugbesoedeling. Motors, busse, vragmotors en taxi's se uitlaatgasse veroorsaak lugbesoedeling. lndien ons ons lug wil beskerm sal ons baie versigtig moet wees oor hoe ons energie beplan en gebruik.


Die afgelope twintig jaar het baie lande in Europa en ook Amerika die hoeveelheid energie wat hulle verbruik, verminder. Ons het dit nie in Suid-Afrika gedoen nie. Dit is omdat ons steeds verouderde metodes gebruik om energie op te wek. Ons het nog nie begin om metodes te vind om energie te bespaar nie. Dit is omdat elektrisiteit steeds baie goedkoop aan sekere nywerhede verskaf word. Dit beteken dat hulle baie elektrisiteit verbruik, en dit veroorsaak weer meer lugbesoedeling. Dit is ook omdat sanksies ons verhoed het om nuwe metodes by ander lande te leer.


Weens sanksies het die ou Suid-Afrikaanse regering besluit dat ons al ons energie self behoort te kan opwek. Hulle het projekte begin om brandstof, gas en atoomkrag te vervaardig.


Tydens die apartheidsbewind het wit gebiede elektrisiteit gehad en baie swart gebiede het nie. Twee uit drie mense het nie elektrisiteit in hul huise nie. Arm gesinne in dorpe en in die plattelandse gebiede gebruik hout, paraffien en steenkool. Baie bome in die plattelandse gebiede en rondom arm gemeenskappe is afgekap vir hout. Vroue moet elke dag verder loop om hout te versamel. Die rook van hout en steenkoolvure veroorsaak lugbesoedeling binne-in die huis. Dit kan borskwale veroorsaak.


Die meeste van ons energie in Suid-Afrika word van steenkool verkry. 'n Klein hoeveelheid van ons energie word van olie, hout en atoomkrag verkry. Ons het baie steenkool in Suid-Afrika. Ons verkoop ongeveer 'n kwart van ons steenkool aan die buiteland. Baie steenkool word gebruik om elektrisiteit op te wek. Baie steenkool word gebruik om kos te kook en huise te verhit.


Groot gebiede grond word uitgegrawe om die steenkool uit die grond te haal. Om ons steenkool makliker aan die buiteland te verkoop, maak ons dit eers skoon. Dit laat groot hope onbruikbare afval agter. Soms begin hierdie hope afval brand. Dit dra by tot suurren.

Die kombinasie van elektrisiteitsentrales, steenkoolmyne en swaar nywerhede in Mpumalanga veroorsaak suuren in daardie gebied. Dit is besig om die plaaslike ekostelsels te beskadig (Fig. 6.1). Dit is uiters kommerwekkend omdat bykans die helfte van ons goeie boerderygrond in daardie gebied gele is. Hierdie grond kan deur die suuren beskadig word.


SASOL het ook 'n nadelige invloed op die omgewing. Dit gebruik baie water en produseer baie afval. Maar hulle het baie geld bestee in 'n ondersoek hoe om hulle water te hergebruik. Hulle is ook besig met 'n studie om te bepaal hoe om steenkool te vervaardig wat min rook afgee.


In Suid-Afrika het ons nie goeie, goedkoop openbare vervoer nie. Ons gebruik private motors, taxi's, busse en vragmotors. Ons het 'n openbare vervoerstelsel nodig wat die aantal motors op die paaie sal verminder. Dit sal lugbesoedeling verminder.

Elektrisiteit vir nywerhede

Suid-Afrikaanse nywerhede betaal baie min vir elektrisiteit. Dit help ons om produkte goedkoper as party ander lande te vervaardig. Dit help ons om hierdie produkte aan die buiteland te verkoop. Maar, terselftertyd, dek hierdie prys nie ten volle wat dit kos om die elektrisiteit uit die steenkool te vervaardig nie. Dit sluit nie die koste in van die skade wat aan die omgewing, of aan mense se gesondheid deur lugbesoedeling en suurren, aangerig word nie. Die suurren word veroorsaak deur sulfaat wat in die lug vrygelaat word deur kragsentrales.


Omdat elektrisiteit goedkoop aan nywerhede verskaf word, probeer hulle nie om hulle elektrisiteitsverbruik te besnoei nie. Om geld te spaar moes nywerhede in ander lande metodes vind om minder elektrisiteit te gebruik. Dit het die hoeveelheid lugbesoedeling verminder.

Waar word energie opgewek en hoe word dit gebruik?

SASOL vervaardig olie uit steenkool. Ons het slegs een atoomkragstasie by Koeberg (die enigste een in Afrika). Mosgas is in 1987 gebou om brandstof uit natuurlike gas te vervaardig.


Drie maatskappye, ESKOM, SASOL en YSKOR verbruik bykans al die steenkool wat in Suid-Afrika gebruik word. ESKOM gebruik amper twee-derdes van die steenkool.


ESKOM ondersoek metodes om mense aan te moedig om minder elektrisiteit te gebruik. Die maatskappy het ook 'n metode gevind om minder water in sy kragsentrales te gebruik. Dit is baie belangrik, want Suid-Afrika het nie baie water nie, en ons moet ons water teen besoedeling beskerm.


Die Departement van Minerale en Energiesake werk daaraan om steenkool wat min rook afgee, te vervaardig. Hulle hoop dat almal teen die jaar 2000 "lae-rook" steenkool sal gebruik in plaas van gewone steenkool. Die HOP-program om elkeen se huis van elektrisiteit te voorsien, behoort ook die besoedeling wat deur die verbranding van steenkool veroorsaak word, te verminder.

Daar word beplan om in plattelandse gebiede bome aan te plant vir vuurhout.

Beleidsake vir die nuwe regering


1 . Die nuwe regering moet seker maak dat die volgende sake aangespreek word:


(i) Die gebrek aan skoon, goedkoop en omgewingsvriendelike energie in arm, stedelike en plattelandse huishoudings.


(ii) Nywerhede se vermorsing van elektrisiteit weens die goedkoop prys.


(iii) Die oormatige gebruik van steenkool om elektrisiteit op te wek, en die oormatige gebruik daarvan deur nywerhede en arm huishoudings. Dit veroorsaak lugbesoedeling.


(iv) Die ontginning van steenkool kan die grond beskadig en besoedel, en daar moet bepaal word of nywerhede soos Sasol, Mosgas en Koeberg moet voortgaan met hul werksaamhede. Die regering moet vasstel hoveel dit kos om hulle te bedryf en hoeveel skade hulle aan die omgewing aanrig. Hierdie sake is in ooreenstemming met die HOP.

2. Die regering moet verseker dat arm families, skole, hospitale, swart kleinboere en plattelandse besighede elektrisiteit of ander bronne van skoon energie kry. Families moet byvoorbleed in staat wees om "lae-rook" steenkool te kry. Deur huise beter te ontwerp sal beteken dat hulle warmer bly in die winter sodat gesinne minder steenkool of elektrisiteit hoef te gebruik vir verhitting. Die regering moet ook sorg dat daar genoeg hout in plattelandse gebiede is. Vir di doel moet hulle projekte begin om bome te kweek. Die regering moet ook sorg dat mense in plattelandse gebiede paraffien kan koop. Energie van die son (sonenergie) kan gebruik word om elektrisiteit op te wek vir ligte, om water te pomp en te verhit, en vir ander gebruike in huise en besighede.


3. Dit sal baie geld kos om toe te sien dat alle Suid-Afrikaners behoorlike energie en elektrisiteit het om te gebruik. Die regering moet ophou om Mossgas en SASOL te befonds. Nywerhede en mense wat dit kan beskostig, moet verplig word om meer te betaal vir elektrisiteit. Di geld kan gebruik word om te sorg dat arm en plattelandse gesinne elektrisiteit, hout, paraffien en "lae-rook" steenkool kan kry.


ESKOM moet gesinne en nywerhede aanmoedig om elektrisiteit te spaar.


4. Die beste manier om elektrisiteitsbesparing teweeg te bring, is om nywerhede, besighede en ryk families meer te laat betaal. Maar die regering moet seker maak dat veranderinge in die prys van elektrisiteit nie die arm families nadelig raak nie.


5. Die meeste van ons steenkool word gebruik om elektrisiteit op te wek. Dit veroorsaak lugbesoedeling, suurren en "kweekhuis"-gasse. Hierdie besoedelingsprobleme kan verminder word deur die rook te suiwer voordat dit in die lug vrygestel word. Maar dit is baie duur. Die regering moet besluit of dit gedoen moet word. In die toekoms moet nuwe kragsentrales s gebou word dat die beste metodes gebruik kan word om elektrisiteits op te wek. Hulle moet s gebou word dat hulle min skade aan die omgewing aanrig. Die regering moet besluit of dit die beste is om steenkool, gas, water of ander stelsels te gebruik om elektrisiteit op te wek.


6. "Lae-rook"-steenkool, sonenergie, beter ontwerp van huise en beter stowe kan almal bydra om besoedeling binne in huise te verminder.


7. Die regering moet ondersoek of ons steeds moet voortgaan om olie deur SASOL te laat vervaardig en of ons dit van ander lande af moet aankoop.


8. Die regering moet alternatiewe metodes ondersoek om energie op te wek. Wind kan byvoorbeeld gebruik word om krag op te wek. lndi het groot opwektoestelle, wat deur wind aangedryf word, opgerig. Studies het aangedui dat sekere gebiede in Suid-Afrika geskik kan wees vir windenergie. Nywerhede en plaaslike owerhede sou minder belasting kon betaal as hulle van wind-energie gebruik maak. Die regering kan 'n belasting hef op brandstof en elektrisiteit wat uit steenkool vervaardig word. Hierdie geld kan gebruik word om te betaal vir navorsing oor nuwe metodes om elektrisiteit op te wek deur van hernubare bronne gebruik te maak. Met die ondersteuning van die regering kan plattelandse gemeenskappe plaasplantasies aanplant en bestuur.

Voorstelle


Baie van ons voorstelle is in ooreenstemming met die HOP.


1. Alle skole, huise en hospitale moet so gou as moontlik van elektrisiteit voorsien word. Ryker gesinne, en diegene wat elektisiteit al vir 'n lang tyd gehad het, moet meer betaal om die koste te dek om elektrisiteit in armer mense se huise te installeer. Armer gesinne behoort te kan s hoeveel hulle maandeliks vir elektristeit kan betaal. Hulle moet die bedrag dan aan die begin van elke maand betaal. Deur die maand sal hulle slegs van die hoeveelheid elektrisiteit voorsien word waarvoor hulle betaal het. Dit sal hulle help om nie meer elektrisiteit te gebruik as waarvoor hulle kan betaal nie. ESKOM behoort dit te ondersoek om lenings aan mense toe te staan om yskaste en stowe te koop, sodat hulle nie baie elektrisiteit gebruik nie.


2. Die regering behoort dit te oorweeg om verskillende soorte energie te kombineer wat deur arm gesinne in plattelandse gebiede gebruik kan word. Dit sluit in die aanplanting van bome vir vuurhout, die gesamentlike aanplanting van bome en gewasse, die beter ontwerp van huise, en om die energie van die son te gebruik vir beligting, radio, televisie, asook pompe en waterverhitting; om paraffien en "lae-rook" steenkool te verkoop en die gebruik van beter stowe.

3. Baie huishoudings gebruik steenkool vir verhitting en om kos te kook. 'n Nasionale program behoort ingestel te word om "lae-rook" steenkool te vervaardig en te verkoop, soos voorgestel word in die HOP. Dit sal die invloed wat ons steenkoolverbruik op die omgewing en gesondheid het, verminder.


4. Die staat moet ophou om Mosgas, SASOL en Koeberg te befonds.

5. Die prys van elektrisiteit (en ander energiebronne soos hout en steenkool) moet die koste in berekening bring van die skade wat aan die omgewing aangerig word. Op die langtermyn word die natuur beskadig deur die verbranding van steenkool om elektrisiteit op te wek. Die land sal die skade moet betaal as die grond nie meer goeie oeste kan oplewer nie, of as die bome begin doodgaan.

6. Die regering moet vasstel hoeveel dit sal kos om die besoedeling wat deur ESKOM se kragsentrales veroorsaak word, stop te sit. Hulle moet bereken hoeveel skade aan die omgewing aangerig sal word indien ons nie die besoedeling staak nie. Hulle moet besluit of die masjinerie om die besoedeling te bekamp, in werking gestel moet word, of nie. Alle nuwe steenkool kragstasies moet die rook suiwer voordat dit in die lug vrygestel word.


7. Die regering moet ondersoek instel om die beste metodes te vind om in die toekoms elektrisiteit op te wek. Hulle moet dit ondersoek om van steenkool, kernenergie, hidro-energie/elektrisiteit en natuurlike gas gebruik te maak. Hulle moet ook maniere vind om minder energie en elektrisiteit te gebruik.


8. Die regering moet ondersoek instel na die beste en goedkoopste manier om brandstof en diesel te verkry. Hulle moet vasstel of ons olie en brandstof van ander lande moet aankoop. Dit kan goedkoper wees as om dit self te vervaardig. Paraffien moet goedkoop genoeg wees dat arm gesinne dit kan bekostig.


9. Die regering moet vasstel hoeveel brandstof en diesel verbruik word en vir watter doel dit aangewend word. In die verlede is die inligting geheim gehou.


Hulle moet vasstel hoeveel brandstof en diesel ons in die toekoms sal benodig, veral vir vervoer.


10. Die regering moet 'n onafhanklike ondersoek laat doen oor die omgewings- en veiligheidsrekord van die Koeberg kernkragstasie. Die bevindings van die ondersoek behoort die regering te help om te besluit of Koeberg gesluit moet word of nie.


11. Die regering behoort vas te stel of daar enige rede is om nywerhede wat brandstof aan Koeberg verskaf, te laat voortbestaan. Dit wil voorkom asof dit die beste en goedkoopste opsie sal wees om hulle te sluit. Die mense wat by die nywerhede werk moet her-opgelei word vir indiensneming by ander ondernemings. Party van hulle kan opgelei word om vas te stel hoe elektrisiteit opgewek kan word deur van skoon, hernubare bronne te gebruik te maak. Die regering moet besluit of die Atoom Energie Korporasie moet voortbestaan en of dit geskrap moet word.


12. Die regering moet vasstel watter soort energie vir watter doel aangewend word in Suid-Afrika. Ons het die inligting nodig ten opsigte van elke provinsie en plaaslike gebied. Die inligting kan in die toekoms aangewend word vir beter beplanning.


13. Die regering behoort meer tyd en geld te bestee aan navorsing oor hernubare energie. Daar moet veral gekyk word na son- en wind-energie, en om bome aan te plant vir vuurhout. Ons moet by ander lande leer en hulle projekte by Suid-Afrikaanse omstandighede aanpas.


14. Die regering moet minder energie en elektrisiteit vir sy werksaamhede geruik. Hy moet motors en vragmotors gebruik wat minder brandstof verbruik. Dit is 'n belangrike leierskapsrol wat die nasionale en provinsiale regerings sal moet vervul.


---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


